Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltyds-onbepaalde termynpos (Medeleraarspos)
Sluitingsdatum: 24 April 2026.
NG Gemeente Margate, met sy 1 055 lidmate, is geleë langs die Suidkus van KwaZulu-Natal.
Ons is ’n warm, verwelkomende geloofsgemeenskap waar almal wat Jesus Christus as gereformeerde bely, kan tuiskom en tuis wees. Hier is twee bedieningspunte, in Margate en Port Edward. Werkende gesinne en afgetredenes word saamgebind met die visie waarna ons streef:
MARGATE LEEF VIR CHRISTUS
’n Diensgroep-gedrewe kerkraad bied die twee leraars die ruimte om hulle roeping as geestelike leiers uit te leef.
Musiekbediening vorm ’n belangrike aspek van die gemeente se geloofsbeoefening en ’n dinamiese jeugbediening is in plek by die kerk, sowel as by omliggende skole.
LERAARSPROFIEL
Die posvereiste sluit die primȇre funksie van die predikant in, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Die geskikte aansoeker moet ’n passie hȇ vir familie- en gesinsbediening, skolebediening sowel as ’n besondere aanvoeling vir senior lidmate.
’n Missionale ingesteldheid is ’n sterk aanbeveling en die vermoë om in spanverband te funksioneer is ’n vereiste.
VERGOEDINGSPAKKET
Die vergoedingspakket is volgens sinodale riglyne. Gratis behuising word voorsien in ’n pastorie.
AANSOEKER
Stuur asb jou volledige CV, met twee onlangse referente, na:
Die saakgelastigde, ngmargate@mweb.co.za. Aansoeke moet nie vier bladsye oorskry nie.
Navrae: Ds Lerisa Meyer by 082 525 3664.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.
