Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Gamka-Oos: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Gemeenteprofiel:

Gamka-Oos is een van die drie NG gemeentes in Beaufort-Wes in die Sentrale Karoo. Die gemeente bestaan uit 450 lidmate en 85 dooplidmate. 23 dorpswyke en drie plaaswyke wat in ’n radius van 100 km rondom die dorp versprei is. Die drie NG gemeentes het ’n samewerkingsooreenkoms met mekaar. Gamka-Oos het ook ’n bedieningsooreenkoms met die VGK Gemeente Kwa-Mandlenkosi.

Leraarsprofiel:

Enige gelegitimeerde persoon binne die NG Kerk en susterskerke, asook finalejaar studente wat aan die einde van 2026 gelegitimeer gaan word is welkom om aansoek te doen.

Werksprofiel:

Artikel 9 van die Kerkorde is die basis vir die bediening. Gemeenskapsbetrokkenheid word gesien as deel van die bediening in hierdie gemeente.

Vergoeding:

Sinodale skaal, ruim vervoertoelaag en ’n behuisingsubsidie is die basis.

Sluitingsdatum: 05 Junie 2026.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027.

Aansoeke: NG Kerk Gamka-Oos, Beaufort-Wes: epos: gamkaoos@gmail.com

Navrae: Evelyn Rust (skriba), sel: 072 377 4673, gamkaoos@gmail.com

Karin Arnoldi (voorsitter kerkraad), sel:072 252 1534.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top