Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Welbekend: KOÖRDINERINGSPOS

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Koördineringspos

Gemeenteprofiel:

Welbekend is ’n plaas- en plotgemeente naby Bapsfontein. ’n Rustige geloofsgemeenskap wat sentraal geleë is tussen Pretoria, Benoni, Kemptonpark, Delmas en Bronkhorstspruit. Ons is ’n gemeente wat met oortuiging glo dat die Here ons geroep het om ’n verskil te maak: in ons eie omgewing én verder as ons grense.

Ons val onder die Sinode Hoëveld en is deel van die Ring van Benoni. Baie van ons lidmate werk in Pretoria, Johannesburg en aan die Rand, maar ons hart lê steeds sterk in ons plattelandse karakter en die hegte gemeenskapsgevoel wat daarmee saamgaan.

Die gemeente bestaan tans uit 409 belydende lidmate en 111 dooplidmate. Ons is ’n diverse gemeente met lidmate uit verskillende beroepe en ouderdomsgroepe en ons sien dit as ’n groot bate.

Een van ons uitdagings is dat ons kinders ongeveer 15 verskillende laer- en hoërskole bywoon, wat jeugwerk kompleks maak. Tog sien ons dit ook as ’n geleentheid: om kreatief te dink, die jongmense doelbewus te bereik, en ’n veilige geestelike tuiste vir hulle te bou. Ons het ook ’n besondere band met ’n unieke laerskool met ’n plattelandse karakter binne ons gemeentegrense, waar daar reeds ’n sterk verhouding bestaan.

Ons gemeente beskik oor ’n kerkgebou, kantoor, vergaderplek, kategeselokale en ’n pastorie op die kerkterrein. ’n Vollediger profiel van die gemeente is by die kerkkantoor beskikbaar.

Profiel:

Ons is op soek na ’n koördinerings – leier wat die Here opreg liefhet en in ’n lewende, groeiende verhouding met Hom wandel. Iemand wat nie net die Woord getrou verkondig nie, maar ook mense se hart raaksien.

Ons soek ’n persoon met ’n liefde vir mense, ’n hart vir die gemeente, en ’n besondere passie vir die jeug. ’n Persoon wat met entoesiasme en geloof saam met ons wil bou aan ’n gemeente waar jonk en oud tuis voel, waar geloof prakties uitgeleef word, en waar ons saam die Here se roeping vir Welbekend kan uitleef.

Sluitingsdatum: 17 April 2026.

Aansoeke en navrae: ngwelbekend.kantoor@gmail.com

Vergoeding en voordele: Sal tydens onderhoude bespreek word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top