Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Standerton-Suid: (dolerend) Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Sluitingsdatum: 31 Mei 2026.

Dienstermyn: Permanent.

Gemeenteprofiel: Standerton-Suid is ’n samewerkende gemeente wat diep afhanklik van die Here is en streef na Skrifgetroue Woordverkondiging. Die gemeente is geleë op die Hoëveld aan die suidekant van Standerton en bestaan uit 50% plaas- en 50% dorpslidmate. Die gemeente is meelewend in erediens en lofprysing. Ons versoek leraars wat die gemeente kan lei tot ’n diepe verhouding met die Here en wat hulle tuis sien op die platteland met sy unieke uitdagings, om asb ’n kort CV te e-pos.

Leraarsprofiel: Leraar wat die gemeente kan lei tot ’n diepe verhouding met die Here en wat homself tuis sien op die platteland met sy unieke uitdagings.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Moet ’n passie hê vir Skrifgetroue Woordverkondiging.
  • Moet verantwoordelikheid aanvaar vir die uitbou van die gemeente, organisasie en beplanning.
  • Moet doelgerig saam met die kerkraad kan werk aan verhoudinge deur middel van huisbesoeke en wyksbyeenkomste.

Vergoeding en voordele:

Onderhandelbaar, sinodale skaal as riglyn. Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.

Aansoek:

Kandidate stuur CV asook dokument wat jou verhouding met God, jou vertolking van die Skrif en belydenis vervat aan:

Kerkkantoor: ngstd@standertonmail.co.za en/of

Leierouderling: broadlands@standerton.co.za

 Diensaanvaarding: Sal onderhandel word.

Navrae:

Kerkkantoor – Thea Gie – 083 207 4060, ngstd@standertonmail.co.za

Leierouderling – Alan Cawood – 082 411 2806, broadlands@standerton.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top