Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

United Church Malelane/Komatipoort: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van die United Church of Christ the King (UCCK) wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 31 Mei 2026.

Dienstermyn: Vyf jaar kontrak, hernubaar.

Gemeenteprofiel:

United Church of Christ the King (UCCK) is ’n gekombineerde gemeente: Anglikaans/Metodis/Presbiteriaans. Die gemeente het sowat 200 belydende lidmate, verdeel tussen twee bedieningspunte, een in Malelane en een in Komatipoort, in Mpumalanga. Die lidmate verteenwoordig ’n verskeidenheid van kulturele agtergronde.

Die bedieningstaal is Engels.

Leraarsprofiel:

’n Geordende leraar in ’n denominasie wat lid is van die “World Communion of Reformed Churches” (https://wcrc.eu/about/members/).

Pligte:

Verleen pastorale sorg aan die gemeente, verkondig die evangelie van Jesus Christus, bedien die sakramente van die Christelike kerk, bou die gemeente op in geloof, diens en getuienis van Jesus Christus, en verteenwoordig die gemeente by alle geaffilieerde denominasies.

Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar.

Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.

Navrae: Ds Frikkie Botha e-pos: revfrikkie@minister.com Tel: 082 091 8801.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top