Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Blanco-gemeente George: Jeugwerkerspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Jeugwerkerspos

Blancogemeente volg Jesus, waar ons is, wanneer ons daar is. Ons doen dit deur te leer uit God se Woord, om Hom saam met mekaar te aanbid, om vir mekaar om te gee en deur te dien in die gemeenskap waar ons elke dag saam met God die pad stap. Ons soek iemand wat lief is vir die Here, ’n rolmodel is wat tieners en kinders wil vorm en inspireer, en wat ’n geestelike pad saam met hulle sal stap.

Kriteria:

  • Die persoon moet tussen 20 en 30 jaar oud wees.
  • Hy/sy moet ’n matrieksertifikaat hê.
  • ’n Geldige motorbestuurslisensie hê en oor eie vervoer beskik.
  • Rekenaarvaardig met programme soos Word, PowerPoint, Excel, ens.
  • Vaardigheid in skoolsport en of musiek.
  • Afrikaans en Engels magtig.

Pligte en verwagtinge (volle posbeskrywing kan aangestuur word op versoek)

  • Verantwoordelik vir die skole se program saam met ander jeugwerkers.
  • Betrokke by Blancogemeente se jeugprogram.
  • Inskakeling by opleiding en mentorskapprogramme van die gemeente en plaaslike laer- en hoërskole.
  • Werksure:
  1. Weekliks: Skoolure en ook naskoolse aktiwiteite (sport of kultuur).
  2. Naweke: Skoolsportprogram en Sondae gemeente se jeugprogram.

Dienstermyn:

  • Die aanstelling is ’n kontrakpos vir ’n 12 maande periode.

Vergoeding:

  • Markverwante salaris.
  • Koshuisinwoning is beskikbaar vir suksesvolle kandidaat.

Sluitingsdatum vir aansoek: 31 Mei 2026.

Aanvangsdatum: Vanaf 1 September 2026.

Stuur alle aansoeke met ’n volledige CV en verwysings of enige navrae per e-pos na kantoor@blancogemeente.co.za

Geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud. Indien jy teen 15 Junie 2026 nie gekontak word nie, aanvaar jou aansoek is onsuksesvol.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top