Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Boksburgpark: Orrelis vir oggenddienste

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Boksburgpark-gemeente maak hiermee bekend dat ons van voorneme is om ’n orrelis, wat die musiekbegeleiding van ons oggenddienste sal waarneem, aan te stel.

Vakature: Orrelis vir oggenddienste

NG Gemeente Boksburgpark is geleë in Libradene, Boksburg. Ons is ’n klein gemeente wat ons gemeenskap dien.

Ons oggenddiens kan beskryf word as tradisioneel – vernuwend.

Ons is op soek na:

’n Bekwame orrelis wat die gemeente op ’n kreatiewe wyse met die orrel en klavier kan begelei om ons samesangpotensiaal te ontwikkel.

Die orrelis moet:

  1. Oggenddienste begelei.
  2. Begeleiding by Week van gebed; Pinkster ens.
  3. Spesiale dienste soos bv Kerssangdienste en Paassangdienste kan organiseer.
  4. Vergaderings van erediensbediening op aanvraag bywoon.

Vergoeding: Sal met die geskikte kandidaat onderhandel word na gelang van kwalifikasies en ondervinding aan die hand van SAKOV-skale.

Stuur asb ’n kort CV aan Pixie van Aardt by kerkkantoor@ngkboksburgpark.co.za.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Mei 2026.

Vir verdere inligting skakel ds Andrew Hofmeyr by 083 442 5388.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top