Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Barkly-Oos: Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Barkly-Oos is suid van Lesotho in die skilderagtige suidelike Drakensberge geleë, sowat 115 km oos-suidoos van Aliwal-Noord. Dit is ’n landbou omgewing met toerismepotensiaal. Forelhengel, bergfietsry en 4×4-roetes is van die gewilde sportsoorte in die omgewing. Sowat 150 belydende en 23 dooplidmate is deel van die gemeente. Die gemeente het net een bedieningspunt, naamlik Barkly-Oos se gemeente op die dorp.

LERAARSPROFIEL:

Vastetermyn kontrakpos van die NG Kerk.

Van die kandidaat word verwag om al die normale predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde na te kom.

VERGOEDING: Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn.

HUISVESTING: Gratis huisvesting word verskaf.

BESKIKBAARSTELLING:

Leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê: ’n tersaaklike CV, kontakbesonderhede van twee referente. Onderhoude mag met kandidate gevoer word.

E-POS: ngkerkbarkly@gmail.com

NAVRAE: Voorsitter van die kerkraad: Oudl Frans vd Berg 083 701 3430.

Saakgelastigde: Irmgard Tauber 082 922 7544.

SLUITINGSDATUM: Vrydag 1 Mei 2026.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit leraars wat hulle op bogenoemde wyse beskikbaar stel nie

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top