Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Vastetermynpos
Die kerkraad van Ladybrand Moedergemeente adverteer met groot afwagting die leraarspos by ons gemeente.
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG Moedergemeente Ladybrand is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suidoos-Vrystaat teen die Lesothogrens. Ladybrand is ongeveer 130 km vanaf Bloemfontein en 160 km vanaf Bethlehem. Die gemeente bestaan uit 383 belydende lidmate en 107 dooplidmate. Die gemeente se samestelling is multikultureel.
Ons is op soek na iemand wat die volgende eienskappe het:
- ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig het.
- Mooi menseverhoudinge kan bou en alle mense met respek en liefde kan hanteer.
- Meelewend kan wees in ’n plattelandse gemeenskap met sy besonderse uitdagings.
- Die Gereformeerde belydenisgrondslag onderskryf.
WERKSPROFIEL:
- Artikel 9 van die Kerkorde sal dien as raamwerk vir al die verantwoordelikhede.
- Die persoon moet in ’n span kan saamwerk en verkieslik betrokke raak in die breë gemeenskap.
- Dinamies en aktuele prediking wat Skrifgetrou is kan aanbied.
- Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap kan bied.
Wat is vir ons belangrik?
- Ons gebruik tans nog ’n orrel en sing Liedboek-, Flam- en Vonkk-liedere. Dit word ondersteun deur ’n musiekspan wat dien as voorsangers.
- Die Lidia-tehuis vir bejaardes en Die Gedenk-Kinderhuis is ook deel van ons gemeente en moet ook besoek en bedien word.
- Die gemeenskap van Mauersnek maak ook deel uit van ons gemeente.
VERGOEDING:
- Volledige pakket is onderhandelbaar met die sinodale skale as riglyn.
- ’n Pastorie OF verblyftoelaag is beskikbaar.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings. Alle gelegitimeerde leraars is welkom om aansoek te doen. E-pos: kerk@ngmoeder.com Aansoeke sal vertroulik hanteer word.
SLUITINGSDATUM: 31 JULIE 2026.
DIENSAANVAARDING: 1 JANUARIE 2027.
