Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse predikant
Sluitingsdatum: Vrydag 22 Mei 2026.
Gemeenteprofiel:
Huise wat Jesus volg, leef dit! Die 50 jaar oue dinamiese voorstedelike NG Gemeente Kempton-Kruin is geleë naby die OR Tambo-lughawe te Kemptonpark aan die Oosrand. Die atropolis is ’n deurgang na ’n diverse roesmoes gemeenskap en groot kerk met passievolle lidmate. Drie voltydse leraars (een vakant) vorm saam ’n gedugte span wat die gemeente kragtig na ons Koning lei.
Verskeie laer- en hoërskole is aktief deel van die kerk wat bydra tot ’n groot kinder- en jeugbediening. Ouetehuise in die omgewing sorg verder vir ’n energieke ouer gemeenskap.
Daar word ook moeite gedoen om elke huis, waarmee die diversiteit van mense wat onder een dak saam woon, te ondersteun, te dien, toe te rus en te lei na geestelike groei en die uitleef van hulle geloof.
Predikantsprofiel:
Ons het ’n vakature vir
- ’n Passievolle en toegewyde gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat ’n gereformeerde spiritualiteit uitleef tussen die ouderdom van 35 en 50 jaar.
- Toeganklik en behulpsaam sal wees om die gemeente in geloof saam te bou.
- ’n Gebalanseerde en geïntegreerde persoon met kreatiewe en vernuwende denke.
- Iemand met positiewe ego-sterkte, goeie oordeelsvermoë, sterk sosiale en interpersoonlike vaardighede.
- ’n Prediker wat effektief kan bedien oor die breë spektrum van die gemeente.
- ’n Spanwerker wat in Kemptonpark woonagtig is of bereid is om te hervestig.
Posprofiel:
Die predikant sal verantwoordelik wees vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. Spesifieke fokus sluit in:
- Samewerking en ondersteuning van bedieningsleiers.
- Geestelike versorging en inspirasie van bedieningsleiers.
- Geestelike leiding en pastorale versorging van huise wat Jesus volg.
- Deurlopende nadenke en beplanning van die bedieningsmodel.
Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn.
Aansoek: Stuur asseblief die volgende na admin@kruin-kerk.co.za
- Volledige CV met drie onlangse referente.
- ’n Dekbrief (maksimum 500 woorde) waarin jy verduidelik waarom jy die geskikte kandidaat is.
- ’n Skakel na onlangse preke (YouTube of ander).
- ’n Kleurfoto van die kandidaat of, indien getroud, verkieslik ’n gesinsfoto.
- Kandidaat moet bereid wees om ’n persoonlikheidsanalise te ondergaan.
Let wel:
- ’n Kortlys van kandidate sal genooi word vir persoonlike onderhoude.
- Deur die indiening van ’n CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, gebruik kan word vir die keuringsproses.
- Daar word beoog om onderhoude met suksesvolle kandidate, gedurende die week van die 17de tot die 20ste Junie 2026 te voer.
Diensaanvaarding: Die datum van diensaanvaarding sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Navrae:
Indien jy belangstel en kontak wil maak is jy welkom om ’n telefoniese gesprek te reël per WhatsApp met die voorsitter van die pre-advieskommissie Henro du Plessis by WhatsApp nr: 082 659 0998 of per e-pos: henro@absamail.co.za
Ds Michelle van Tonder kan ook genader word by WhatsApp nr: 083 649 8301.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
