Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Noordelike Sinode kantoor: Uitvoerende Beampte van Noordelike Sinode

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Noordelike Sinode nooi bevoegde en geroepe leraars uit die kerkverband om aansoek te doen vir onderstaande pos.

Vakature: Uitvoerende Beampte van Noordelike Sinode (Predikant in Sinodale Diens)

Sluitingsdatum: 8 Mei 2026.

Die pos van Uitvoerende Beampte is ’n bediening van geestelike leierskap, visie, strategie en diens. Hierdie rol bied die geleentheid om leiding te neem met die sinode se roeping, gemeentes en ringe te bemagtig, en die bediening van leraars te ondersteun sodat God se teenwoordigheid in die wêreld sigbaar is.

Aard van die pos

Die Uitvoerende Beampte dien as die uitvoerende amptenaar van die Noordelike Sinode en werk in noue vennootskap met die sinode, die sinodale diensraad (SDR) en die moderatuur. Die rol vereis geestelike volwassenheid, strategiese insig en die vermoë om komplekse prosesse te bestuur. Die pos is gesetel by die Sinodehuis, (Alpineweg 330, Lynnwood).

Volledige besonderhede

Gebruik hierdie skakel  https://link.pocket- business.app/widget/form/lPDNCfd59aEanzgKcaiL om  ’n volledige uiteensetting van die pos se sleutelverantwoordelikhede, vereistes waaraan kandidate moet voldoen asook besonderhede oor die aansoekproses, te ontvang.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2026.

Navrae: aansoeke@e-pos.noordsin.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top