Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
JEUGWERKER/DIENSLERAAR
SLUITINGSDATUM: 30 April 2026.
Diensaanvaarding: 1 Junie 2026 (of so gou as moontlik daarna)
Gasvryheid en Omgee is vir ons ’n prioriteit. Ons het ’n gemaklike bedieningstyl wat vernuwend is. Ons musiekstyl is kontemporêr-klassiek. Kinders is vir ons belangrik en daarom doen ons moeite met die kinder en jeugbediening binne die gemeente. Binne die gemeente is daar verskeie platforms waardeur jy toegerus kan word om ’n LIGDRAER VAN GOD te wees.
POSVEREISTES:
- Toepaslike kwalifikasies.
- Ondervinding met kinder- en jeugwerk.
PERSOONLIKE EIENSKAPPE:
- ’n Passie en gawe om jongmense en kinders geestelik te begelei.
- Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
- Uitstekende interpersoonlike- en kommunikasievaardighede om effektief met kinders, jongmense en hul ouers te kommunikeer en in te skakel.
- Vermoë om in ‘n span te funksioneer en aanpasbaar te wees.
DOKUMENTE VERLANG:
- Volledige CV met aansoekbrief.
- Gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies.
- Gewaarmerkte ID.
- Getuigskrifte en/of verwysings.
- Lys van vorige leierskaprolle beklee.
POSBESKRYWING/KERNPLIGTE:
- Bestuur en organisering van Kinder- en Jeugbediening, onder die begeleiding van ons leraars.
- Verantwoordelik vir die beplanning, voorbereiding en uitvoering van alle aktiwiteite wat met die Kinder- en Jeugbediening verband hou, in oorleg met ons Leraars en netwerk.
- Hulp met administratiewe reëlings t.o.v kampe, uitstappies, kategese en eredienste.
- Samewerking en skakeling met jeugleiers van ander gemeentes en skole in ons omgewing.
Belangstellendes kan hul CV voor of op 30 April 2026 stuur na: jean@ngnelspruitsuid.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie die pos te vul nie.
Navrae: Dr Jean Strydom @ 083 572 4886 / Ds. Louis Pienaar @ 082 878 1743.
’n Siftingsproses sal gevolg word en die kandidate wat kwalifiseer sal vir ’n onderhoud genooi word waar onder andere besoldiging bespreek sal word.
Indien u binne ’n week na die sluitingsdatum nog geen kommunikasie ontvang het nie, aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
