Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van Brandvlei wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature:
Voltydse vastetermynpos vir twee jaar vir ’n leraar.
Sluitingsdatum: 8 Mei 2026
Gemeenteprofiel: Brandvlei is ’n boerderygemeenskap in die Noord-Kaap/Boesmanland geleë op die teerpad tussen Calvinia en Upington. Die gemeente het ongeveer 100 belydende en dooplidmate met 60 besoekpunte, verdeel in 2 dorpswyke en 3 plaaswyke wat strek oor ’n groot area. Die gemiddelde ouderdom van die lidmate is ongeveer 63 jaar.
Leraarprofiel:
- ’n Gelegitimeerde leraar met volle ampsbevoegdheid.
- ’n Hart vir die platteland en aanpasbaar in ’n plattelandse gemeenskap met sy unieke uitdagings.
- ’n Passie vir verhoudingsbou en bereidheid om na aan mense te leef.
- Bereid om baie te reis op grondpaaie.
Pligte:
- Artikel 9 van die Kerkorde dien as raamwerk vir alle verantwoordelikhede.
- Lei van eredienste met aktuele prediking wat teologies suiwer en begryplik vir almal is.
- Verhoudingsbou, pastorale ondersteuning en huisbesoek.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, na aanleiding van aansoeker se diensjare, met kerf 5 van sinodale skaal as maksimum.
- Basies gemeubileerde pastorie met beperkte munisipale dienste.
- Selfoonsubsidie sowel as internetgebruik.
- Gemeentebakkie en brandstof word voorsien vir besoekwerk in die gemeente.
Aansoek:
Aansoeke, van nie langer as 3 bladsye nie, wat CV, motivering vir aansoek, kontakbesonderhede van 3 referente en ’n foto insluit, kan gestuur word aan ngkbrandvlei@hantam.co.za.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik na 31 Mei 2026.
Navrae:
- Kerkkantoor by 066 114 1528
- Jan Grobbelaar (leraar) by 083 611 8731
Aansoekers kan genooi word vir ’n preekbeurt en/of onderhoud.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
