Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Brandvlei: Leraar (Voltydse vastetermynpos vir twee jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van Brandvlei wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: 

Voltydse vastetermynpos vir twee jaar vir ’n  leraar.

Sluitingsdatum: 8 Mei 2026

Gemeenteprofiel: Brandvlei is ’n boerderygemeenskap in die Noord-Kaap/Boesmanland geleë op die teerpad tussen Calvinia en Upington. Die gemeente het ongeveer 100 belydende en dooplidmate met 60 besoekpunte, verdeel in 2 dorpswyke en 3 plaaswyke wat strek oor ’n groot area. Die gemiddelde ouderdom van die lidmate is ongeveer 63 jaar.

Leraarprofiel:

  • ’n Gelegitimeerde leraar met volle ampsbevoegdheid.
  • ’n Hart vir die platteland en aanpasbaar in ’n plattelandse gemeenskap met sy unieke uitdagings.
  • ’n Passie vir verhoudingsbou en bereidheid om na aan mense te leef.
  • Bereid om baie te reis op grondpaaie.

Pligte:

  • Artikel 9 van die Kerkorde dien as raamwerk vir alle verantwoordelikhede.
  • Lei van eredienste met aktuele prediking wat teologies suiwer en begryplik vir almal is.
  • Verhoudingsbou, pastorale ondersteuning en huisbesoek.

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, na aanleiding van aansoeker se diensjare, met kerf 5 van sinodale skaal as maksimum.
  • Basies gemeubileerde pastorie met beperkte munisipale dienste.
  • Selfoonsubsidie sowel as internetgebruik.
  • Gemeentebakkie en brandstof word voorsien vir besoekwerk in die gemeente.

Aansoek:

Aansoeke, van nie langer as 3 bladsye nie, wat CV, motivering vir aansoek, kontakbesonderhede van 3 referente en ’n foto insluit, kan gestuur word aan ngkbrandvlei@hantam.co.za.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik na 31 Mei 2026.

Navrae:

  • Kerkkantoor by 066 114 1528
  • Jan Grobbelaar (leraar) by 083 611 8731

Aansoekers kan genooi word vir ’n preekbeurt en/of onderhoud.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.