Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Stabilis Behandelingsentrum: Algemene bestuurder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Algemene bestuurder

Sentrum vir Substansgebruiksversteuring

Vir meer as 50 jaar ondersteun Stabilis individue en gesinne wat met substansgebruiksversteurings (SUD) worstel. Stabilis skep ’n veilige en deernisvolle omgewing waar mediese sorg, berading en geestelike begeleiding die kans vir herstel bied. Stabilis is ’n organisasie van die NG Kerk wat vanuit Christelike oortuigings en waardes dienste vir die algemene publiek aanbied, ongeag agtergrond of geloofsoortuiging. Enige aansoekers wat bereid is om binne hierdie raamwerk te werk, is welkom om vir die pos aansoek te doen.

POSVEREISTES VIR ’N SUKSESVOLLE KANDIDAAT:

  • Relevante tersiêre kwalifikasie in bestuurswetenskappe.
  • ’n Kwalifikasie in die veld van geneeskunde of geesteswetenskappe sal sterk aanbeveel word.
  • Bewese en toepaslike kennis en ervaring in algemene bestuur.
  • Goeie fisiese en geestelike gesondheid.
  • Vermoë om binne ’n digitale bestuurstelsel te funksioneer.
  • Doeltreffende leierskap- en kommunikasievaardighede.
  • Geldige bestuurderslisensie en eie vervoer.
  • Voorkeur aan Suid-Afrikaanse burgers.

DIENSVOORDELE:

  • Totale jaarlikse vergoedingspakket is onderhandelbaar in lyn met NPO-skaal vir algemene bestuurders.
  • Die vergoedingspakket sluit alle werkgewersbydraes in.
  • Prestasiebonusse mag, volgense die diskresie van die werkgewer, oorweeg word vir die suksesvolle kandidaat wat voldoen aan die sleutelprestasieaanwysers van die posisie.
  • Deelname aan werkgewer se pensioenfonds en groepskema by Sanlam is verpligtend.
  • 21 werksdae jaarlikse verlof per jaar.

AANSOEK:

  • Sluitingsdatum vir aansoeke is 22 Mei 2026.
  • ’n Aanlyn aansoekproses wat die invul van ’n Engelse vorm en oplaai van dokumente behels, is beskikbaar by: https://stabilistc.co.za/applications

DIENSAANVAARDING: 1 Oktober 2026.

ALGEMEEN:

  • Verdere inligting word op die aanlyn aansoekvorm verskaf.
  • Stabilis behou die reg voor om nie die pos te vul nie.
  • Geen aansoekdokumente sal teruggestuur word nie.
  • Aansoekers wat nie binne drie weke na die sluitingsdatum (22 Mei 2026) gekontak is nie, kan hulle aansoek as onsusksesvol beskou.

NAVRAE:

Danie Janse van Rensburg (voorsitter van BR): 083 289 1869 / danievr1705@gmail.com

Wynand van Niekerk (SKDBM CEO): 079 695 3508 / hoof@skdbm.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top