Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | ‘Ons moes uiting gee oor wat dit beteken om in Jesus Christus te glo, Hom na te volg en wat dit beteken om gereformeerd te wees’ – Prof Allan Boesak oor Belhar-belydenis

Die Belydenis van Belhar se uitkringeffek is veel wyer as die woongebied op die Kaapse Vlakte waarna die dokument vernoem is. Veertig jaar later praat die sentrale tema van versoening in Christus steeds met die harte van kerkleiers regoor die wêreld.

Lees ook: Elders gesien: NG Kerk praat saam met kerke in Vryheidsdagverklaring oor onreg in Gasa en ‘vals narratief oor wit volksmoord in SA’

 

In hierdie episode van Kollig herbesoek Heléne Meissenheimer die ontstaansgeskiedenis en die teologie van die Belydenis van Belhar. Sy praat met prof Allan Boesak, wat moderator was van die sinode wat dit in 1986 as volwaardige belydenisskrif van die destydse NG Sendingkerk (vandag Verenigende Gereformeerde Kerk) aanvaar het.

Gesprekspunte sluit in:

02:11 Belhar-belydenis se geskiedenis
04:00 Die beleef van apartheid se Bybelse regverdiging en die vrae daaroor
06:48 Protesoptrede en druk van binne
07:17 Hoe apartheid vanuit die NG Kerk se sendingbeleid voortgevloei het
11:20 Oor Kerk en Samelewing in 1986, 1994 en daarna
14:25 Kerkvereniging (“wat grootliks nog moet gebeur”)
19:58 Die VGK se “wegdwaal van Belhar”
21:15 Waaroor altwee kerke moet eerlik wees

  • Berig aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top