Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Willowmore (dolerend): Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (voltydse vastetermynpos vir twee jaar)

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van Willowmore bogenoemde vakature bekend en nooi met verwagting belangstellende gelegitimeerde proponente, leraars en emeriti van die NG Kerk uit om vir die pos aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL

Die gemeente Willowmore bedien ’n plattelandse landbougemeenskap van sowat 180 lidmate in die westelike hoek van die Oos-Kaap. Die Baviaanskloof is een wyk van die gemeente waar maandeliks ’n diens gehou word. Dan is daar ook weekliks ’n byeenkoms by die Gert Greeff Tehuis vir bejaardes. Aangesien die meeste kinders elders op kosskool is, is kategese en kinderbediening ’n uitdaging.

In navolging van Artikel 1 van die Kerkorde bly die gemeente getrou aan die Woord en belydenis van die kerk.

LERAARSPROFIEL

  • ’n Gelegitimeerde leraar met volle ampsbevoegdheid.
  • ’n Hart vir die platteland en aanpasbaar in ’n plattelandse gemeenskap met sy unieke uitdagings.
  • ’n Passie vir verhoudingsbou en bereidheid om na aan mense te leef.
  • Bereid om te reis op grondpaaie.

Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Willowmore

  • ’n lewende persoonlike verhouding met God Drie-enig uitleef wat gestalte vind in suiwer Woordverkondiging, huisbesoek en deeglike pastorale sorg;
  • die bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde aanvaar en sal nakom;
  • volkome gehoorsaam aan die Skrif en die belydenisskrifte van ons kerk sal wees;
  • oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik en gemaklik in spanverband kan funksioneer;
  • ’n passie vir die suiwer evangelie en vir die wyer uitdra van daardie boodskap het;
  • inisiatief sal neem om nuwe projekte vir die opbou en uitbou van die gemeente aan te pak;
  • die kerkraad en gemeentelede doelgerig sal toerus vir hulle dienswerk en
  • betrokke sal wees by die interkerklike gemeenskap van Willowmore.

Pligte

  • Artikel 9 van die Kerkorde dien as raamwerk vir alle verantwoordelikhede.
  • Lei van eredienste met aktuele prediking wat teologies suiwer en begryplik vir almal is.
  • Verhoudingsbou, pastorale ondersteuning en huisbesoek.

VERGOEDING EN VOORDELE

  • Onderhandelbaar, na aanleiding van aansoeker se diensjare, met kerf 11 van sinodale skaal as maksimum.
  • Ongemeubileerde pastorie met munisipale dienste.
  • Selfoonsubsidie sowel as internetgebruik.
  • Gemeentebakkie en brandstof word voorsien vir besoekwerk in die gemeente.

Aansoek

Aansoeke, van nie langer as drie bladsye nie, wat CV, motivering vir aansoek, kontakbesonderhede van drie referente en ’n foto insluit, kan gestuur word na ngkerkwillowmore@gmail.com

Aansoekers kan genooi word vir ’n preekbeurt en/of onderhoud.

Sluitingsdatum: 30 Junie 2026.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik na 30 Junie 2026.

Navrae: Oudl Jacques Louw (083 251 5200) of oudl Felix Slier (082 852 3723).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top