Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature vir leraar (Voltydse pos)
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Julie 2026.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Die datum vir diensaanvaarding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.
Gemeenteprofiel
NG Kerk Upington-Noord is ’n warm, gasvrye en hegte geloofsgemeenskap met ’n diepgewortelde liefde vir mekaar waar mense vinnig tuis voel. Ons waardeer egte verhoudings, gesinsbetrokkenheid en praktiese liefde in aksie.
Ons gemeente is in 1957 gestig en is ’n gevestigde selfonderhoudende plattelandse gemeente, bestaande uit 19 dorpswyke en een plaaswyk met 320 belydende lidmate en 65 dooplidmate. Ons lidmate bestaan uit alle ouderdomsgroepe.
Daar is vier ander NG gemeentes op die dorp, ons is deel van die Ring van Upington wat uit 11 gemeentes bestaan en val onder die Noord-Kaap Sinode.
Die dorp het ’n groot winkelsentrum, verskeie winkels, goeie skole (insluitend voorskoolse sentrums) waar kinders hoë kwaliteit onderrig ontvang. Asook mediese dokters, privaat en provinsiale hospitale en verskeie spesialiste wat die dorp besoek.
Vereistes
- Gelegitimeerde leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik is met huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
- Ons soek geloofwaardigheid, ’n eerlike en opregte mens wat ook, soos ons, broos en weerloos kan wees.
- Ervaring in gemeentebediening en pastorale werk is ’n aanbeveling.
- Eie vervoer en geldige rybewys.
- Die persoon moet bereid wees om aan te pas by die etos/kultuur van ons gemeente.
- Goeie interpersoonlike vaardighede toon, gemaklik in spanverband kan funksioneer, en moet betrokke wees by fondsinsamelings van die gemeente.
Pligte en verantwoordelikhede
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde word die volgende ook van die leraar verwag:
- Suiwer verkondiging van die Woord.
- Bedien van sakramente ooreenkomstig die Kerkorde van die NG Kerk.
- Huisbesoek, berading, bemoediging en geestelike leiding van lidmate.
- Ondersteuning te bied aan die kerkraad vir geestelike versorging van lidmate.
- Ouers toerus vir die geestelike vorming van hulle kinders.
- Deelname aan kerkraadsvergaderings, ring en sinodale strukture.
- ’n Hart vir die bejaardes van die gemeente hê.
- ’n Passie vir die jeug, gemeentebediening en groei van die gemeente.
Vergoeding
’n Mededingende, markverwante vergoedingstruktuur volgens sinodale riglyne onderhandelbaar nie hoër as skaal vyf. Gratis huisvesting in ruim pastorie, munisipale dienste en tuinier ingesluit. Internettoegang.
Aansoekproses
Aansoeke (verkieslik elektronies) moet die volgende insluit en kan aan die skriba gerig word:
- Volledige CV, nie meer as vier bladsye nie, wat ’n motivering vir die aansoek insluit.
- Name en kontakbesonderhede van drie referente wat gekontak mag word.
- Naas jou CV wil ons graag ’n kort (drie-vyf minute) video skets van jouself/gesin, jou bedieningsdroom, jou gawes en vaardighede wat jy na die gemeente bring.
- Jou gedagtes, in ’n paar sinne, oor die heersende gesprekke in die kerk oor (bv selfdegeslagverhoudings, dolering en predikantsopleiding) en wat jou benadering daaromtrent is.
- Indien beskikbaar, sluit asseblief ’n skakel na ’n onlangse preek in.
Kandidate op die kortlys moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die pre-advieskommissie bepaal sal word. Die proses mag ook ’n preekbeurt insluit.
Rig CV aan skriba: Sonnette Lind 062 099 1719 nguptnoord@lantic.net
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Sal met kandidaat bespreek word.
Deur die indiening van die CV gee die kandidaat toestemming dat die inligting soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die POPI-wetgewing. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word en slegs deur NG Upington-Noord kerkraad gebruik word in die aanstellingsproses.
Die pre-advieskommissie van NG Upington-Noord behou die reg voor om self inligting aangaande die aansoeker in te win.
Navrae
Tertius Louw (hoof finansies) 083 285 1492 terrylouw5@gmail.com
Christo van Zyl (ouderling) 082 783 1491 christovanzyl1972@gmail.com
Konsulent: Ds Anton Scholtz 083 379 8202.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit te bring uit die aansoeke wat ontvang is nie.
