Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Ons is op soek na ’n persoon wat Kerksondermure se Tienerbediening by ons Midstream-kampus kan koördineer.
WIE IS ONS?
Kort op Jesus se hakke, begeer ons om die Jesuslewe te ontdek deur as sy kerk te dien, in nederigheid uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Besoek ons webblad by ksm.co.za of ons YouTube-kanaal @kerksondermurevideos vir meer oor ons as gemeente.
WIE IS JY?
- Jy is iemand wat lief vir die Here en tieners is.
- Jy is ’n spanspeler en het minstens drie jaar ervaring in jeugbediening (voltyds of as student).
- Jy het die vermoë om met meer as 25 volwasse kleingroepleiers te skakel en is gemaklik daarmee om hulle te lei, dien en te bemagtig.
- Jy sal met meer as 250 tieners werk en hulle leer ken by die kerk en by die skool.
- Jy geniet dit om graadgroepaanbiedings te doen en kan kreatief te werk gaan om ouers by hulle tieners se geloofsreis te betrek.
- Jy het die vermoë om bestaande tienerkurrikulums uit te bou en om dit aan te pas vir ons gemeente se behoeftes.
VERANTWOORDELIKHEDE
- Beplanning en koördinering van alles wat by ons Tienerbediening gebeur.
- Opleiding en toerusting van ons kleingroepleiers.
- Weeklikse kommunikasie aan ons ouers om hulle deurentyd op die hoogte van sake te hou van wat by Kerksondermure se Tienerbediening gebeur.
WERKSURE
Hierdie is ’n voltydse pos en dit vereis van jou om minstens ses ure op ’n Sondag te werk.
As koördineerder werk jy altyd in spanverband.
Ons Centurionkampus het ’n koördineerder wat dieselfde rol as jy vervul, daar is admin-hulp en jy werk saam met een van ons gemeente se dominees.
Stuur jou CV voor of op 31 Mei met verwysings na nmarais@ksm.co.za
