Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Brugleraar (ses tot nege maande) vir drie klein gemeentes in die Ring van Hanover
Leraarsprofiel:
Die Ring van Hanover beleef hierdie laaste twee jaar groot uitdagings, veral die drie gemeentes Petrusville, Petrusville-Uitsig en Vanderkloof.
Alhoewel hierdie gemeentes klein is en die uitdagings groot, is ons opgewonde oor die bedieningsmoontlikhede hier in die Groot-Karoo. Ons benodig ’n brugleraar wat saam met die drie gemeentes ’n pad kan stap, hulle kan lei en bemagtig, en saam met hulle kan droom oor hoe die toekoms kan lyk vir die gemeentes en dorpe.
In biddende afhanklikheid stel die Ring van Hanover bogenoemde pos bekend en nooi gekwalifiseerde persone, wat daartoe geroepe voel, uit om aansoek te doen.
Vergoeding:
Onderhandelbaar en word bepaal deur die gemeentes se finansiële vermoëns.
Aansoeke:
Aansoeke moet vergesel word deur ’n volledige CV met minstens drie verwysings.
Aansoeke word gerig aan die skriba van die Ring van Hanover, Madeleine Hattingh: ngkerkdeaar@gmail.com
Sluitingsdatum: 5 Julie 2026.
Diensaanvaarding: So gou moontlik na die geskikte kandidaat beroep is.
Enige navrae kan gerig word aan die voorsitter van die Ring van Hanover, Jannie van der Walt, kontaknommer 076 941 4297.
