Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Koës, Namibië: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord op ’n vastetermynkontrak van twee jaar met die opsie om dit verder te verleng

GEMEENTEPROFIEL:

Koës is ’n plattelandse gemeente, geleë 130 km noordoos van Keetmanshoop in die suide van Namibië. Lidmaattal: 83 volwasse lidmate waarvan 35 ouer as 60 is. Vier wykbesoekpunte is in ’n radius van ±100 km.

KANDIDAAT:

Die ideale kandidaat sal ’n persoon wees wat lief is vir die platteland en sy mense, lewenslustig en gesond is en bereid is om baie grondpad te ry. Die kerkraad sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Die gemeente het ook ’n aksie genaamd //Kharas Christi geloods wat opleiding aan geestelike leiers uit alle denominasies aanbied. Die studentekorps se geletterdheid wissel van graad 4 tot individue met universiteitsgrade.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket, met ruim verlofvoorwaardes, is vasgestel op kerf 6 van die sinodale skaal van Namibië as riglyn. N$390 000.00 totale inkomste per jaar.

  • Die gemeente beskik oor ’n ruim gemeubileerde pastorie.
  • Gemeentevoertuig met vergunning vir beperkte privaatgebruik.
  • Data wat deur die gemeente betaal word.

AANSOEKE:

Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as die name van minstens vier referente.

SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 30 Junie 2026 en kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud, kan ook via Zoom geskied.

Stuur aansoeke aan: skribakoes@gmail.com

Navrae: Leierouderling, Corlia Labuschagne, sel: +264 81 219 8492.

E-pos: corlia439@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor met aanstellings.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top