Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Algemene kantoorbestuurder
Die Sinode van Hoëveld is daartoe verbind om gemeentes toe te rus om met geloof, hoop en liefde deel te neem aan God se sending in die wêreld. Ons glo dat die kerk op haar beste funksioneer wanneer gemeentes, ringe en die sinode saamwerk om geloofsgemeenskappe te ondersteun, leiers te ontwikkel en nuwe moontlikhede vir bediening te ontsluit.
Ons leuse, “Uit gemeentes, vir gemeentes, na die gemeenskap – tot eer van God,” verwoord ons oortuiging dat die sinode bestaan om gemeentes te dien, te ondersteun en toe te rus in die uitleef van hulle roeping. Daarom werk ons daarna om deur vennootskap, diensbaarheid en verantwoordbare rentmeesterskap ruimtes te skep waarin gemeentes kan floreer en die evangelie met integriteit en hoop kan uitleef.
Die Sinode van Hoëveld nooi aansoeke in vir die pos van Algemene Kantoorbestuurder (AKB). ’n Pos is beskikbaar vir ’n algemene kantoorbestuurder by die Sinodale Kantoor, Gladiatorstraat 56, Rhodesfield, Kemptonpark.
Pligte:
Die AKB speel ’n sleutelrol in die ondersteuning van die sinodale dienskommissie deur die uitvoering van die SDK se beleide en die koördinering van die administratiewe sake wat die sinode se bediening en diens aan gemeentes moontlik maak, en:
- Oefen algemene toesig oor die sake van die sinodale kantoor uit;
- Vestig en handhaaf ’n doeltreffende en effektiewe bestuurstruktuur vir die sinodale kantoor;
- Hou as rekenpligtige amptenaar toesig oor die administratiewe en finansiële sake van die sinodale kantoor en bestuur dit met deursigtigheid;
- Raadpleeg die strukture van die SDK en adviseer dit dienooreenkomstig;
- Hou toesig oor die versorging van die eiendom van die sinode;
- Bevorder en handhaaf ’n professionele, gesonde en verantwoordbare werksomgewing binne die sinodale kantoor.
Posvereistes:
- ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
- Bewese bestuurs- en administratiewe ervaring van ten minste vyf jaar.
Salaris: Onderhandelbaar tot die maksimum TKVI van die hoogste kerf van die Algemene Sinode se riglyne vir ’n predikant se vergoedingspakket.
Onderhoude: Indien kandidate op die kortlys vir die aanstelling is, sal die onderhoude op 23 Julie 2026 by die sinodale kantoor plaasvind.
Kontakbesonderhede: Rig navrae aan Alta Visser (altavisser2005@gmail.com) en stuur CV’s aan pa@ngkhoeveld.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Julie 2026.
Datum van aanstelling: 1 September 2026.
