Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Tweeling: Leraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Leraarspos

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir bogenoemde pos.

Gemeenteprofiel

Tweeling is ’n plattelandse gemeente geleë in die Noord-Oos-Vrystaat (tussen Reitz en Frankfort ±30 km vanaf beide. Naaste groot dorp is Bethlehem 80 km). Bogenoemde buurdorpe beskik oor puik skole en koshuise, dokters, hospitale. Die gemeente het tans plus minus 101 persone wat deelneem aan die kerklike aktiwiteite. Belydende lidmate 68, dooplidmate 15. Die gemeente is met die genade van die Here finansieel onafhanklik.

Leraarsprofiel

Die volgende is vir die kerkraad belangrik:

  • Die aansoeker moet in ’n innige verhouding met die Here leef en oortuig wees van sy roeping
  • Van die aansoeker word Skrifgetroue Woordverkondiging verwag wat entoesiasties aangebied word.
  • Vaardigheid om oudiovisuele hulpmiddels te gebruik is ’n vereiste.
  • Iemand wat geheg is aan die gereformeerde leer en die kerk se belydenisskrifte.
  • Iemand vir wie huisbesoek en ander pastorale besoeke ’n prioriteit is. Veral bejaardes en verswaktes.
  • Die aansoeker moet ’n aanvoeling hê vir die boeregemeenskap en die wyer geloofsgemeenskap op die dorp.
  • Posbeskrywing: Ooreenkomstig Artikel 9 van die Kerkorde.

Proponente, leraars of emeriti is welkom om aansoek te doen.

Vergoedingspakket

Onderhandelbaar met die Vrystaatse Sinode se voorskrifte as riglyn.

Gratis verblyf in ruim pastorie met gratis kragvoorsiening en gerugsteun met sonkragsisteem. Paslike toelae vir reiskoste word onderhandel.

’n Kontrak sal onderhandel word met ’n suksesvolle kandidaat.

Aansoeke:

Moet vergesel word van ’n CV en kontakbesonderhede van ten minste twee resente referente.

Rig aansoeke aan:

  • Kantoor: skriba: 072 724 9237 / e-pos: ng2ling@email-sa.co.za
  • Leierouderling: Deon vd Watt 082 783 6408.
  • Konsulent: ds John Jackson 082 362 5084.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2026. Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.

Naskrif: Kandidate op kortlys moet vir onderhoud en preekbeurt beskikbaar wees.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top