Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Zeerust: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse leraar

Die kerkraad van NG Gemeente Zeerust nooi, ingevolge die Kerkorde van die NG Kerk, gelegitimeerde predikante van die NG Kerk met ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos. Die vakature is vir ’n voltydse, beperkte termynpos.

GEMEENTEPROFIEL:

Ons is ’n aktiewe en gasvrye gemeente van ongeveer 500 lidmate in Zeerust wat daarna streef om God te verheerlik, mekaar in liefde te dien en as getuies van Christus in ons gemeenskap te leef. Ons soek ’n predikant wat saam met ons hierdie roeping met oorgawe en vreugde wil uitleef.

LERAARSPROFIEL:

Ons is op soek na ’n persoon met ’n lewende verhouding met Jesus Christus wat hierdie geloof daagliks prakties uitleef. Die ideale kandidaat is hardwerkend, toeganklik en empaties, met die vermoë om op ’n betekenisvolle wyse met mense van alle ouderdomme te kommunikeer. Hy of sy moet sterk spanleierskap kan toon en saam met die kerkraad kan werk om die gemeente se bediening verder uit te bou. Daarbenewens word ’n innoverende benadering tot bediening vereis, met die vermoë om kreatief en relevant oor die uitdagings en geleenthede van die 21ste eeu te dink.

PLIGTE:

Ons verlang na ’n leraar wat die gemeente met geloof, wysheid en ’n pastorale ingesteldheid sal lei en toerus. Die pligte behels Artikel 9 van die Kerkorde, asook die volgende fokusareas:

  • Skrifgetroue Woordbediening;
  • Pastorale sorg, huisbesoek, siekebesoek en berading;
  • Bediening van sakramente;
  • Toerusting van die gemeente, kleingroepe, kategese;
  • Betrokkenheid by gemeenskapsuitreike en ekumeniese verhoudings;
  • Administratiewe pligte in samewerking met kerkkantoor.

VERGOEDING EN VOORDELE:

Volgens die voorgestelde riglyne (ATP-riglyne) tot en met kerf 4 – onderhandelbaar volgens sinodale riglyne. Daar is nie ’n pastorie beskikbaar nie, maar ’n behuisingstoelaag sal by die vergoeding ingesluit word.

AANSOEK:

Leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê:

  • Volledige CV, met kontakbesonderhede van twee verwysings.
  • ’n Kort motiveringsbrief oor jou roeping en visie vir gemeentebediening.
  • Skakel na ’n opname van ’n onlangse preek, indien beskikbaar.

Stuur jou aansoek aan ngzeerust@gmail.com.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekgeleentheid.

Dienstermyn: Twee jaar met die opsie om te verleng.

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2026.

Diensaanvaarding: Die datum van diensaanvaarding sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

NAVRAE:

Nols Volsoo (voorsitter van die kerkraad): Sel: 065 887 5442.

Zelle-Marie Martens (skiba): e-pos: ngzeerust@gmail.com; kantoornommer: 066 258 9224

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top