Is die beplande PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026) ‘n sinodesitting of nog ’n kerkvergadering? Nee, sê die organiseerders van dié geleentheid wat op Goudini in die Wes-Kaap sal plaasvind. “Geen voorsitters. Geen verslae. Geen besluite. Geen mosies. Geen vername sprekers. Dis ’n ruimte om asem te haal, te bid, te kuier en weer mens te word,” luidens die amptelike webwerf.
Lees meer by hierdie skakel: https://ngkerk.org.za/saamkoms/
Geborg
