Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Boksburg-Wes: Deeltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse leraarspos

Sluitingsdatum: 31 Julie 2026.

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Boksburg-Wes beskik tans oor ’n vakante predikantspos. Dit is ’n deeltydse vastetermynpos ingevolge Reglement 16 met ’n werksweek van ongeveer 25 uur per week.

Die predikant se verantwoordelikhede sal geskied volgens Artikel 9 van die Kerkorde, met fokus op geestelike leiding, Woordbediening, pastorale versorging en die opbou van die gemeente.

Die vergoedingspakket (TKVI) beloop maksimum R35 000,00 per maand, met behuising wat op die kerkperseel voorsien word.

Ons is ’n informele, familiegeörienteerde gemeente waar warmte, omgee en geloofsgroei sentraal staan.

Belangstellende kandidate wat graag deel van ons geloofsfamilie wil word, is welkom om aansoek te doen.

Stuur asb ’n bondige CV met bedieningsondervinding en gawes aan:

NG Kerk Boksburg-Wes. E-pos: ngboksburgwes@gmail.com

Kontak: 087 183 6960. Of Deon Serfontein (voorsitter) deon@espcourier.co.za

Kontak: 081 210 7652.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top