Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Maandag 'n dringende beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vreedsaam op te tree te midde van betogings beplan vir 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante. Foto: SARK

Elders gesien | Kerkleiers doen beroep vir vreedsame en beheersde optogte op 30 Junie

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Maandag ‘n dringende beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vreedsaam op te tree te midde van betogings beplan vir 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante. 

In ‘n verklaring (sien onderaan) erken die kerkleiers dat gemeenskappe se kommer oor werkloosheid, misdaad, swak dienslewering en migrasie werklik is, maar waarsku dat frustrasie nooit geweld, intimidasie of die ontmensliking van ander kan regverdig nie.

Lees ook: Ongedokumenteerde burgers van ander lande: Vrees en koue buite Zim-konsulaat

Volgens die SARK lê die land se dieper krisis nie bloot by ongedokumenteerde migrante nie, maar by armoede, ongelykheid, korrupsie, swak regering en ‘n verlies aan openbare vertroue. Die kerk doen daarom ‘n beroep op die regering om daadwerklik teen korrupsie op te tree, grensbestuur te verbeter en ‘n samehangende, menswaardige immigrasiebeleid te ontwikkel. Terselfdertyd word betogers versoek om hul grondwetlike reg op vreedsame protes verantwoordelik uit te oefen en enige vorm van geweld of haatspraak te verwerp.

Die kerkleiers herinner Christene daaraan dat die Bybel gelowiges oproep om vreemdelinge met waardigheid en liefde te behandel, terwyl die staat steeds die verantwoordelikheid het om die landswette toe te pas. Die SARK vra gemeentes om vir vrede te bid, gerugte en waninligting te verwerp en sigbare instrumente van versoening te wees. Die raad het ook ‘n Nasionale Krisissentrum gestig om humanitêre en pastorale ondersteuning te bied waar dit nodig mag wees.


FINAL_STATEMENT OF THE LEADERS OF THE MEMBER CHURCHES OF THE SOUTH AFRICAN COUNCIL OF CHURCHES

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top