Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Schweizer-Reneke-Noord: Vastetermynpos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Vastetermynpos

Die leraar word beroep in ’n vastetermynpos vir twee jaar. Die termyn kan na die twee jaar verder verleng word.

Gemeenteprofiel

Die NG gemeente van Schweizer-Reneke-Noord is geleë in die Noord-Wes provinsie. Dit vorm deel van die Bloemhof-ring en val binne die Goudland-sinode. Dit is ’n plattelandse gemeente binne ’n boeregemeenskap waar daar hoofsaaklik met beeste en gesaaides geboer word. Hier is ’n goeie laerskool en hoërskool. Hier praktiseer drie mediese dokters. Buiten die gemeente is daar ook ’n NG Moedergemeente, Hervormde gemeente, AP Kerk en Ligpunt-gemeente. Daar is ook ’n ouetehuis (Silwerjare) binne die grense van die gemeente.

Leraarsprofiel:

Die kerkraad nooi leraars wat minstens aan die volgende voldoen, om aansoek te doen:

  • Enige gelegitimeerde in die NG Kerk tussen die ouderdom van 25 tot 35 jaar.
  • ’n Leraar met ’n passie en begrip vir plattelandse bediening.
  • Die vermoë om gemaklik met alle ouderdomsgroepe te assosieer.

FOKUSAREAS:

Die gemeente streef na lidmaatbemagtiging en betrokkenheid en wil daarom ’n Skrifgegronde liggaamsmodelgemeente wees, met ’n vars uitdrukking van kerkwees.

  • Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die kontrak.
  • ’n Passie vir die jeug en omvattende jeugbediening.
  • Pastorale, sieke- en geskeduleerde huisbesoek is belangrik.

Vergoedingspakket:

’n Vergoedingspakket sal volgens sinodale skaal onderhandel word. Huisvesting is beskikbaar in ’n ruim pastorie.

AANSOEKE:

Aansoeke vergesel van ’n volledige onlangse CV en kontakbesonderhede van drie referente moet gerig word aan:

Per e-pos: ngswrnoord@lantic.net vir aandag: Voorsitter kerkraad.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt wat op gemeentekoste sal geskied. Ontvangs van alle aansoeke sal erken word.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE:

Aansoeke moet die kerkkantoor bereik voor of op 15 Augustus 2026.

Diensaanvaarding: Voor of op 1 Januarie 2027.

Navrae:

Voorsitter van die kerkraad, Abraham Badenhorst by 082 718 7916.

Brugleraar, ds Ampie Swanevelder by 082 428 4943.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top