In snerpende koue het meer as 1300 mense Maandagaand (29 Junie) by die Departement Binnelandse Sake se Vlugtelingverwelkomingsentrum in Epping, Kaapstad op repatriasie na Zimbabwe gewag.
Enkele ure voor Dinsdag 30 Junie se optogte teen ongedokumenteerde migrante was die atmosfeer gespanne, maar ordelik.
Lede van verskillende geloofsgemeenskappe se fokus was op die bediening van kos en water asook items soos doeke aan vroue met babas, waaronder die jongste wat ds Riaan de Villiers van Groote Kerk raakgeloop het 8 dae oud was.
Lees ook: Kerkleiers doen beroep vir vreedsame en beheersde optogte op 30 Junie



Geborg
