Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Windhoek-Oos: Voltydse tweede leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse Tweede Leraar

Sluitingsdatum: 31 Julie 2026.

Gemeenteprofiel:

Ons lééf God se liefde. Die NG Kerk Windhoek-Oos is ’n gemeente wat glo dat kerk en lewe oor God gaan, en dat verskeidenheid (verskillende ouderdomme, geslagte, rasse, tale, kulture en agtergronde) gekoester moet word om volwaardig liggaam van Christus te wees. Ons is geroep om dissipels in God se koninkryk te wees én dissipels te maak deur die uitleef van ons gemeente-gewoontes en Godgegewe gawes.

Leraarsprofiel:

  • ’n Persoon met ’n Godsfokus wat die gemeente se identiteit en strewe onderskryf en leef.

Ten minste teologiese opleiding ondergaan het gelykstaande aan dié van ’n diensleraar in die gereformeerde tradisie.

Bedieningsfokus op families en oor generasies heen.

  • Afrikaans en Engels magtig.
  • Alle vlakke van ervaring sal oorweeg word.

Die hart van die rol:

  • Rus gemeentelede toe om mekaar dissipels te maak.
  • Verbind generasies deur gedeelde gewoontes en gawes.

Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar, met Namibiese sinodale skaal as riglyn.

Aansoek:

Stuur jou CV en aansoek aan: eddie@ngkerkwindhoekoos.com

CV moet insluit:

  • Bondige beskrywing van jou roepingsverklaring.
  • Besonderhede van drie verwysings.
  • Enige verdere relevante dokumentasie.

Diensaanvaarding: Spoedig moontlik.

 Navrae:

Eddie Turner – +264 81 228 9137.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top