“‘Dissipel’ beteken om ‘n leerling te wees … Navolgerskap van Jesus beteken dat ons nié alles weet nie,” verduidelik dr Frederick Marais in hierdie onderhoud (43 minute) met ds Joe Janse van Rensburg, Gemeenteleier van NG Gemeente Jeffreysbaai.
Marais gee onder meer sy definisie van die woord “innovasie” aan die hand van voorbeelde soos die wyse waarop die Pelgrimstog van Hoop gevestig is. Dié dekaan van die Skool vir Innovasie by Hugenote Kollege verduidelik ook sy oortuiging dat elke mens innoverend ingesteld kan wees. “Die God wat ons aanbid, is ‘n God van vernuwing en verbetering.”
Bron: NG Gemeente Jeffreysbaai.
- Ondersteun
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Bybel-Boodskappers
Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg
Nuusbrief: Bly op hoogte
Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.
