Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Upington-Noord: Leraar (Voltydse pos)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature vir leraar

Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Augustus 2026.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Die datum vir diensaanvaarding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.

Gemeenteprofiel

  • NG Kerk Upington-Noord is ’n warm, gasvrye en hegte geloofsgemeenskap met ’n diepgewortelde liefde vir mekaar waar mense vinnig tuis voel. Ons waardeer egte verhoudings, gesinsbetrokkenheid en praktiese liefde in aksie.
  • Ons gemeente is in 1957 gestig en is ’n gevestigde selfonderhoudende plattelandse gemeente, bestaande uit 19 dorpswyke en een plaaswyk met 320 belydende lidmate en 65 dooplidmate. Ons lidmate bestaan uit alle ouderdomsgroepe.
  • Daar is vier ander NG gemeentes op die dorp, ons is deel van die Ring van Upington wat uit 11 gemeentes bestaan en val onder die Noord-Kaap Sinode.
  • Die dorp het groot winkelsentrums, verskeie winkels, goeie skole (insluitend voorskoolse sentrums) waar kinders hoëkwaliteitonderrig ontvang. Asook mediese dokters, privaat en provinsiale hospitale en verskeie spesialiste wat die dorp besoek.

Vereistes

  • Gelegitimeerde leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
  • ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik is met huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
  • Eie vervoer en geldige rybewys.
  • Die persoon moet bereid wees om aan te pas by die etos/kultuur van ons gemeente.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede toon, gemaklik in spanverband kan funksioneer, en moet betrokke wees by fondsinsamelings van die gemeente.

Pligte en verantwoordelikhede

Ampspligte moet uitgevoer word soos omskryf in Artikel 9 van die kerkorde.

Vergoeding

  • ’n Mededingende vergoedingstruktuur volgens sinodale riglyne onderhandelbaar nie hoër as skaal 5 nie.
  • Gratis huisvesting in ruim pastorie, munisipale dienste en tuinier ingesluit.
  • Internettoegang.

Aansoekproses

Aansoeke (verkieslik elektronies) moet die volgende insluit en kan aan die skriba gerig word:

  • Volledige CV, nie meer as vier bladsye nie, wat ’n motivering vir die aansoek insluit.
  • Name en kontakbesonderhede van drie referente wat gekontak mag word.
  • Indien beskikbaar, sluit asseblief ’n skakel na ’n onlangse preek in.

Kandidate op die kortlys moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die pre-advieskommisie bepaal sal word. Die proses mag ook ’n preekbeurt insluit.

Deur die indiening van die CV gee die kandidaat toestemming dat die inligting soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die POPI-wetgewing. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word en slegs deur NG Upington-Noord se kerkraad gebruik word in die aanstellingsproses.

Die pre-advieskommissie van NG Upington-Noord behou die reg voor om self inligting aangaande die aansoeker in te win.

Rig CV aan skriba: Sonnette Lind, 062 099 1719, nguptnoord@lantic.net

Navrae

Tertius Louw (hoof finansies) 083 285 1492 terrylouw5@gmail.com

Arie van Wyk (hoofouderling) 073 251 6749.

Konsolent: Ds Anton Scholtz 083 379 8202.

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit te bring uit die

aansoeke wat ontvang is nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top