Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraar
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here vir aansoeke vir die pos van leraar.
Gemeenteprofiel:
NG Gemeente Vorentoe is ’n plattelandse gemeente, ongeveer 12 km buite Brits in die Bosveld. Die gemeente bestaan uit 410 belydende lidmate en 129 dooplidmate, met ’n groot getal jong gesinne. Lidmate werk hoofsaaklik in landbou, die sakewêreld, mynbou en ’n groot aantal pendel daagliks na Pretoria en Johannesburg.
Kandidaat:
Hierdie leraarspos word aangebied vir gelegitimeerdes van die NG Kerk.
Benewens Artikel 9 van die Kerkorde is die volgende van besondere belang:
- Skrifgetroue verkondiging – die suiwerheid van die Woord ooreenkomstig die drie Formuliere van Eenheid en die belydenisskrifte.
- Pastorale sorg, huis- en siekebesoek – beide in Brits en die omliggende dorpe en stede.
- Aktiewe betrokkenheid by die gemeente se aktiwiteite, jeug en funksies.
- Ons gemeente is bevoorreg om heelwat jonger gesinne met kinders te hê. Dit is belangrik dat die predikant in diens van hierdie gemeente sal kan identifiseer met kinders en jonger gesinne en ook die gawe sal hê om hulle te bereik.
- Ons ouer lidmate is die standhoudende deel van ons gemeente en die leraar moet ook ’n hart hê vir hulle besondere behoeftes.
- Ons is tans besig om ’n liggaamsmodel in ons gemeente te ontwikkel. Om in te pas by hierdie wyse van bediening, is dit belangrik dat die leraar in diens van die gemeente ’n deelnemende bestuurstyl sal beoefen.
Vergoeding
Vergoeding word onderhandel met die kerkraad, met die sinodale riglyne as verwysing. Huisvesting en reistoelaag soos onderhandel met die kerkraad.
Aansoeke
- Alle aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie, met drie referente.
- Rig aansoeke elektronies aan: aansoek@vorentoe.co.za
- Sluitingsdatum: 10 Oktober 2026.
- Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt by NG Kerk Vorentoe.
- Diensaanvaarding is onderhandelbaar.
Navrae kan gerig word aan:
- Pre-advies voorsitter en voorsitter van die kerkraad: Martin Kearns – 083 703 9150.
- Brugleraar: Dr Trix Truter – 072 135 7356.
- Ouderlinge: Adam Barnard – 076 488 5851 en Kobus Pretorius – 079 879 9539.
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
