Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG Kerk Augrabies is geleë in die dorp Augrabies langs die blink waters van die Oranjerivier in die Noord-Kaap. Die besonderse Augrabies-waterval Nasionale park is in die gemeente geleë.
Die gemeente bestaan uit 278 belydende en 59 dooplidmate. Die gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit intensiewe boerdery, soos uitvoerdruiwe, rosyntjies, sitrus, dadels en ander. Daar is ook wild- en veeboere in die omgewing.
Ons is ook in besonder trots op ons selfsorg aftree-oord, Oranjerus. Die gemeente Augrabies bedien ook omliggende buitewyke Blouputs en Nous (60 km). Die kerkraad en gemeente sien daarna uit om saam met die predikant en sy/haar gesin te werk in gehoorsaamheid aan ons roeping van die Here.
LERAARSPROFIEL:
NG Kerk Augrabies is op soek na ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk, met die volgende vereistes:
- Wat kan dien in die gemeente soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Wat oor goeie bestuursvaardighede beskik.
- Wat gemaklik is om alle ouderdomme te bedien.
- Wat Skrifgetrou en dinamies preek en ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding het.
- Die vermoë het om moderne tegnologie te gebruik tot voordeel vir bediening van die Here.
VERGOEDING:
- Onderhandelbaar, met die sinodale skaal as riglyn.
- Voordele en toelaes ooreenkomstig sinodale riglyne.
- Gemeente beskik oor ’n gerieflike ruim pastorie. Elektrisiteit, water en Wi-Fi word voorsien.
AANSOEK:
- Stuur CV met drie referente na admin@ngkerkaug.co.za
- Sluit asseblief ook ’n dekbrief in waarin u ons help om die mens agter die feite en gegewens van die CV te leer ken.
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering deur middel van ’n onderhoud en ’n preekbeurt.
SLUITINGSDATUM: 9 Oktober 2026.
DIENSAANVAARDING: 1 Desember 2026 of so gou moontlik daarna.
NAVRAE: Lazua Louw – 072 713 0436.
Suksesvolle aansoeke sal voor of op 30 Oktober gekontak word.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
