Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraar
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van die NG Kerk Reebok die vakature van voltydse leraar aan gelegitimeerdes van die NG Kerk met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel
Reebok-gemeente in die Tuinroete het oor die afgelope aantal jare sterk gegroei en die lidmaattal staan tans op 180 dooplidmate en 1 603 belydende lidmate (65% is 60 jaar en ouer). Totale lidmaattal: 1 783. Daar is goeie laer- en hoërskole in die omgewing.
Ons streef daarna om ’n geestelike tuiste op ’n gasvrye en vriendelike wyse vir alle navolgers van Jesus te bied.
Die visie van ons gemeente is: “Ons versprei die aangename geur van God”. Voortvloeiend hieruit is ons droom in eenvoudige woorde: Ons versprei die aangename geur van God as die lewende liggaam van Christus soos die Gees ons lei. Ons maak erns met kleingroepe en die bou van verhoudings in die gemeenskap.
Leraarsprofiel
Ons wil u uitnooi om by ons aan te sluit op hierdie reis saam met Jesus.
Die volgende profiel dien as riglyn vir voornemende aansoekers:
- Hierdie persoon se leer en lewe moet getuig van ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus as sy/haar Verlosser;
- Die leraar moet in staat wees om die volle omvang van die evangelie uit die hartklop van God Drie-enig passievol en Skrifgetrou te verkondig.
- Verkieslik 10 jaar ervaring in die bediening. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers jonger as 50 jaar.
Hierdie persoon moet:
- Die Woord baie goed ken/verstaan om dit suiwer te kan verkondig;
- Die prediking van die Woord op ’n kreatiewe en dinamiese wyse aanbied;
- Goed kommunikeer;
- Moet binne ’n formele en informele erediensstyl kan optree;
- In spanverband heelhartig met die bestaande leraars, binne die ruimte van elkeen se unieke gawes, saamwerk;
- Daartoe in staat wees om oud en jonk, tuis, gemaklik en veilig te laat voel;
- Erns maak met sy/haar gesin, ons gemeente, gemeenskap en kerkvervreemdes;
- Hom/haar volledig vereenselwig met die visie van die gemeente en bewese ervaring in kleingroepbediening hê;
- Hom/haar vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk;
- Die normale verantwoordelikhede soos in Artikel 9 van die Kerkorde vervat, nakom.
Belangrike datums
Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Oktober 2026.
Diensaanvaarding1 Maart 2027, of so gou moontlik soos ooreengekom.
Vergoeding: Ons sal die suksesvolle aansoeker materieel versorg met ’n pakket wat aan die sinodale riglyne voldoen.
Aansoeke en navrae
Ons wil u beter leer ken deur ’n vraelys wat op die gemeente se webwerf:
(www.ngkreebok.co.za) beskikbaar is. Stuur die voltooide vraelys voor of op 22 Oktober 2026 aan:Die skriba by admin@ngkreebok.co.za
’n Aanlyn onderhoud sal met kandidate op die voorlopige kortlys gevoer word. Daar kan van kandidate wat die finale kortlys haal, verwag word om ’n psigometriese toets af te lê en ’n persoonlike onderhoud te voer.
Indien jy meer inligting verlang, kontak gerus vir:
Paul du Plessis by pauldupl@gmail.com (078 655 8303), of
Richard van Wyk (leraar) by richard@ngkreebok.co.za (082 905 7278).
Aansoekers wat nie die finale kortlys haal nie, sal per e-pos in kennis gestel word.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
