Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse medeleraarspos
In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om vir hierdie leraarspos aansoek te doen.
Sluitingsdatum: 9 Oktober 2026.
Agtergrond:
In die geloof dat die Here reeds weet wie Hy na die gemeente wil roep, stel ons nie ’n klomp voorvereistes nie. Die persoon wat aansoek doen, moet egter darem goed in spanverband kan werk en hopelik ’n passie vir die jonger lidmate van die gemeente hê.
Langenhovenpark-gemeente is geleë in die voorstad Langenhovenpark in Bloemfontein. Ons het tans so 1 200 belydende lidmate en 300 dooplidmate. Ons plaas groot klem op Skrifgetroue prediking en om alle generasies te laat tuis voel.
Pligte:
Soos omskrywe in Art 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
In lyn met sinodale skaal.
Behuisingsubsidie.
Aansoek:
Stuur ’n volledige CV (met kontakbesonderhede van minstens drie referente) en ’n kort motiveringsbrief waarin jy jou roepingsverhaal en visie vir die bediening by Langenhovenpark deel, per e-pos aan ngklhp@mweb.co.za
Kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
Ons behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Diensaanvaarding:
So spoedig moontlik, verkieslik nie later as 1 Januarie 2027 nie.
Navrae:
Leon Oosthuizen 083 444 8587 (leraar).
Frik van Heerden 082 441 1088 (voorsitter diensverhoudinge).
Laurane 051 446 2225 (kerkkantoor).
