Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“As ek eerlik is” is vandeesmaand een van twee nuwe NG kerkliedere wat GROOTfm se gewilde Gospel Top 10-trefferlys gehaal het. Die ander lied is “Nuwe drome”. Foto: Adriaan Labuschagne

‘Eerlike lied oor broosheid’ op trefferlys saam met een oor nuwe drome

“As ek eerlik is” is vandeesmaand een van twee nuwe NG kerkliedere wat GROOTfm se Gospel Top 10-trefferlys gehaal het. Die ander lied is “Nuwe drome”.

“As ek eerlik is” word gesing deur Deon Meiring, mede-liedskrywer, terwyl Neil Büchner “Nuwe drome” sing.

Dit is twee van vier liedere wat einde Augustus tydens die NG Kerk se PredikanteSAAMkoms 2026 bekendgestel is en vorm deel van ’n nuwe musiekprojek van Bybel-Media bekend as Akkoord. 

Lees meer: Elders gesien | Nuwe musiek vir die kerk: Vier vars vrystellings

Mede-skrywer en komponis, Zander van der Westhuizen, sê by navraag dit is vir hom mooi dat mense deur die Top 10-lys van hierdie musiek bewus gemaak word om dit te luister.

“Ons hoop dit raak mense se hart en mense sing dit! En dit is dié hart van die projek – musiek wat mense raak, die fokus op die Here plaas en gesing word in gemeentes,” het hierdie Pretoriase predikant, wat ook as deeltydse omroeper by GROOTfm betrokke is, bygevoeg.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top