Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kerkbode: Nou moet julle asseblief help

Geagte leser, 

Dit is met nuwe erns en dringendheid dat ons jou en jou gemeente vanjaar uitnooi om in te teken op die gedrukte uitgawe van Kerkbode vir 2027. Jou subskripsie-fooi is ’n belegging in die soort joernalistiek waarmee ons as redaksie lidmate, gemeentes en kerkkommunikasie wil dien.

Die papierformaat dien as toevoeing tot al die nuus wat ons gratis digitaal versprei. Dit bied enersyds aan lesers ’n netjiese samevatting van die belangrikste kerknuus (slow news!), maar andersyds bied dit vir Kerkbode ’n belangrike inkomstestroom in ’n medialandskap waar gehalte-joernalistiek toenemend onbekostigbaar raak. Daar is ander maniere om ons werk te ondersteun, maar die gedrukte koerant is ons kontakpunt met ‘n geskiedenis wat terugstrek tot 1849 (sien dokkie onderaan dié berig). 

 Die gedrukte koerant verskyn ter aanvulling van ons omvattende digitale nuusdekking by www.kerkbode.co.za, Heléne Meissenheimer se Kollig-podsending asook ure se multimedia-inhoud wat lewe in ons stories blaas. 

Praktiese stappe:

  • Laai die bestelvorm af deur HIER te kliek. Jy kan die vorm digitaal invul en dan per e-pos aan Viona Ross stuur by viona@tydskrifte.co.za.
  • Gebruik gerus ons aanlyn sakrekenaar om die koste van jou bestelling te bereken op grond van die hoeveelheid Kerkbodes wat jy vir jou gemeente wil bestel: https://kerkbode.christians.co.za/bestel/ 

 Dankie vir jou ondersteuning 

Die Kerkbode-span.


 

Uit die argief

In 2024 het lesers en kerkleiers ‘n projek help befonds om ‘n dokkie oor Kerkbode te vervaardig ter viering van die publikasie se 175 ste jaar.

 


Vanjaar se gedrukte Kerkbodes

25 September 2026 28 Augustus 2026 31 Julie 2026 26 Junie 2026 29 Mei 2026 24 April 2026 27_Maart_2026

27 Februarie 2026 30 Januarie 2026

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.