Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien: Nuwe leiers verkies by Oostelike Sinodesitting

Nuwe leierskap. Dieselfde roeping. Saam vorentoe. Só berig die kommunikasiespan van Oostelike Sinode op Saterdag 17 Oktober via dié sinodale streek se Facebookbladsy: “Met dankbaarheid en verwagting stel ons die nuutverkose Sinodale Diensraad (SDR) van die Oostelike Sinode bekend.
Ons wens elkeen wat geroep is om gedurende die volgende termyn leiding te neem, van harte geluk.
Mag hierdie nuwe span met wysheid, onderskeidingsvermoë en diensbare harte die pad vorentoe help baan. Mag hulle altyd sensitief bly vir die stem van die Here en die behoeftes van ons gemeentes en geloofsfamilie.
Ons bid julle God se seën toe vir die pad wat voorlê.
In die voetspore van Jesus – diensbaar, deernisvol en doelgerig.


Ons nuwe Sinodale Diensraad: Voor v.l.n.r Marius Nel, Tielman Roux, Rika van Vuren, Nadine Swanepoel, Retha Kruidenier, Carine Botha, Sonnika Nel, Maartje van der Westhuizen (Voorsitter), Willem Esterhuizen, NC Muller, Marco la Grange.
Agter v.l.n.r Meyer van Wyk, Hardus van Niekerk (Ondervoorsitter), Heinrich Momberg, Rikus Blom, Johan Botha (Uitvoerende Amptenaar), Johan Koen, JZ de Jager, Louis Pienaar, Adriaan van Tonder, Nico Swart en Christoff Prinsloo.”

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top