Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sagte oë

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Albert Alberts van Waterkloof skryf:

Na aanleiding van ds Piet Otto se skrywe (Kerkbode, 22 Januarie):

Ek het jou perspektief in Kerkbode van 22 Janua­rie 2016 met aandag gelees. Jy skryf van inlegkunde. Dan praat jy oor al die “voorbeelde” wat gebruik word om die aanvaarding van homoseksualiteit te regverdig, onder andere steniging.

Wanneer jy egter na die seremoniële wet verwys wat in Christus vervul is (soos steniging) haal jy nie die Bybel nie, maar die NGB Art 25 aan, wat ook maar ’n interpretasie van die Skrif is. Dit maak nie vir my, ’n gewone lid van die NG Kerk, sin nie. ’n Mens kan Skrif­interpretasie seker doen soos dit jou siening pas? Hier moet ds Otto my help.

Wat vir my baie belangriker is, is die algemene gees van liefde en verdraagsaamheid in ons gemeente.

’n Lidmaat wat onlangs aangesluit het, het vir ons dominee gesê hy het ons gemeente uit verskeie ander gekies omdat “ons met sagte oë na mense kyk”.  Ons gemeente is besig om spontaan te groei.

Ons gemeente het ook besluit om met sagte oë na gays te kyk.

Kan ek vir Griekwastad se gemeente vra of hulle ook met sagte oë na mense kyk?


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top