Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit is ontstellend

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Amanda Lotz van Potchefstroom-Noord skryf:

Dr Chris Jones se artikel in Kerkbode van 19 Februa­rie, “Daar is nie ’n “Bybelse Huwelik” nie” het my geweldig ontstel.

Ek  haal aan: “Die Bybelse boeke en literatuur is grootliks menslike pogings om die mense van daardie tyd, hoe hulle die wêreld om hulle verstaan het en wat dit met hulle geloof in God te make het, te beskryf.”

Ek lees egter in 2 Timoteus 3: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek …”

Dr Jones se siening  strook hoegenaamd nie met hierdie teks nie. Wat my verder ontstel is dat dr Jones as teologiese dosent, studente onderrig.

Is hierdie siening van dr Jones die NG Kerk se amptelike oortuiging ook? Ek hoop van harte nie so nie, want dan sal ek my lidmaatskap van die kerk in heroorweging moet neem.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top