Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

God gee die huwelik

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Chris van Wyk van Somerstrand skryf:

Dit is jammer dat die argument vir selfdegeslagverhoudings in Chris Jones se artikel (Kerkbode, 19 Februa­rie) begrond word op die devaluering van die konsep van die huwelik as ’n goddelike instelling. 

’n Mens kan simpatie hê met die poging om daarmee die deur vir enige tipe verhouding oop te maak. Die prys om die huwelik van God se voorsienigheid los te maak, is egter net te groot.

Ons verloor daarmee die verwagting dat God huweliksmaats op ’n spesiale wyse seën. Dink aan die kosbare verhale van Ragel en Jakob, Rut en Boas, Maria en Josef en die inspirasie wat ons uit hulle liefde en trou put.

Dink aan die raad wat regdeur die OT en NT vir huweliksmaats gegee word.  Dink aan die wederkerigheid en eksklusiwiteit wat Hooglied as die ideaal skets vir huweliksverhoudings waarin die passie en plesier van die liefde kan gedy.

Geen wonder nie dat die Here Jesus sy dissipels spesifiek herinner daaraan dat die huwelik ’n goddelike instelling is (Matt 19; Mark 10).

Die huwelik as ’n goddelike instelling berus dus op Jesus se interpretasie van Genesis 1 – 2. Hierdie beginsel is nie net ’n kulturele sosiale konstruk nie, maar ’n deurslaggewende Bybelse begronding van die huwelik.

Ons bely van die Bybel dat dit “nie deur die wil van ’n mens gestuur of voortgebring is nie, maar, die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek” (NGB 3).

Soos Paulus sê: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek” (2 Tim 3:16). Wat die Bybel dus oor die huwelik en verhoudinge sê, het vandag nog Goddelike gesag.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top