Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gay verhoudings was bekend

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prof Johan Janse van Rensburg skryf:

Die artikel van prof Fanie Snyman (4 Maart 2016) verwys.

In Kerkbode van 4 Maart 2016 skryf prof Fanie Snyman met betrekking tot Levitikus 18:22 en 20:13 dat homoseksualiteit as seksuele oriëntasie onbekend was in die Ou Testament. Hieruit lei hy af dat die Levitikustekste nie selfdegeslag-verhoudings in gedagte gehad het nie omdat selfdegeslag-verhoudings in die Ou Testament onbekend was.

Die hele argument berus dus op ’n aanname sonder om die aanname wetenskaplik te toets. Die onsekerheid van so ’n aanname blyk uit prof Snyman se eie woorde: “Indien die afleiding oor die insidentele aard van prohibisies geldig is, is dit duidelik dat Levitikus 18 en 20 teen seksuele promiskuïteit waarsku”.

Die geskiedenis laat egter geen twyfel nie dat Israel alle vorme van homoseksualiteit geken het. Selfdegeslag-verhoudings en -huwelike was vry algemeen bekend in Mesopotamië, Griekeland en Rome. Historici wys daarop dat Israel deur die kultuur en gebruike van die omgewing beÏnvloed is.

Die volgende aanhaling laat geen twyfel nie dat Israel met die kulturele gebruike in Mesopotamië bekend was: “Israelite pre-history, the legendary era of the patriarchs, and the fate of the Israelite and Judahite monarchies are inextricably linked to the rise and decline of the major empires controlling Mesopotamia. Even in post-Biblical Jewish history, Mesopotamia is again the location of one of the most important centers of the Jewish diaspora” (Windows Internet Explora – Israelite history in the context of the ancient Near East).

Daarmee disintegreer die veronderstelling en argument dat die Levitikustekste nie selfdegeslag-verhoudings veroordeel nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top