Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Bybel is geïnspireer

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds. Hans van Vuuren (emeritus) skryf:

In dr Chris Jones se artikel oor Gay verbintenisse, lees ek: “Die Bybelse boeke en literatuur is grootliks menslike pogings om die mense van daardie tyd, hoe hulle die wêreld om hulle verstaan het en wat dit met hulle geloof in God te make gehad het, te beskryf.”

As ek hierdie woorde reg verstaan, impliseer dit dat dit wat in die Bybel staan, nie deur God geïnspireer is nie en dat dit nie ‘n riglyn vir ons lewe kan wees nie omdat dit menslike pogings is.

’n Mens kan homoseksuele dade en verhoudinge Bybels regverdig slegs as jy die Bybel beskou as ‘n menslike poging. Ek stem daarom heelhartig saam met ds Piet Otto wat in sy artikel vroeër in die Kerkbode sê dat die verskil binne die kerk in die beoordeling van homoseksuele optrede ten diepste ‘n verskil in Skrifbeskouing is.

As ons die Bybel aanvaar as deur God geïnspireer, betroubaar en ewig, kan ons nie anders nie as om te sê: Homoseksuele optrede is teen die wil van God, binne watter verhouding dit ookal plaasvind.

Die groot, groot vraag van lewe en dood is nou: Is die Bybel deur God geïnspireer of slegs deur mense geskryf? Die volgende Skrifgedeeltes gee ‘n duidelike antwoord op ons belangrike vraag: Jesaja 40:8; Psalm 111:7-8; Spreuke 30:5; Johannes 10:35; 2 Petrus 1:20-21; 2 Timotheus 3:16-17 en meer.

Die kollektiewe boodskap van hierdie Bybelgedeeltes is: Die Bybel is deur God geïnspireer en nie deur mense nie. Die Bybel is betroubaar en altyd geldend en is ‘n riglyn vir ons hele lewe sodat ons volkome toegerus kan wees vir ‘n lewe saam met Jesus. Dit wat in die Bybel staan, kan nie verander word nie.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top