Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ontmoet mekaar in liefde

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Albert Alberts van Waterkloof skryf:

Na aanleiding van ds Piet Otto se brief “In liefde en waarheid” (Kerkbode, 15 April). Ds Otto het basies met my saamgestem dat ’n mens die Skrif kan interpreteer soos dit ’n mens pas. Hierdie is egter ’n onverkwiklike gesprek en dit is onwaarskynlik dat die twee kante mekaar sal ontmoet.

Die hooftema van my brief was egter dat ons gemeente besluit het om met sagte oë na gays te kyk. Die primêre rede daarvoor was dat ons die Skrif in die konteks van die tyd toe dit geskryf is, geïnterpreteer het. Ons het die onbetwisbare wetenskaplike kennis in ag geneem. Ons het ons liefde vir ’n gay mens in ag geneem.

Om die situasie op te los moet ons besluit om mekaar in liefde te ontmoet. Die sinodebesluite kan afge­wentel word na die gemeentes. Griekwastad se ge­meen­te kan besluit om nie die gay-besluit te im­ple­menteer nie. Ons gemeente vra egter die vryheid om gay mense te akkommodeer. Deur te appelleer dwing ’n paar gemeentes (daar is 18 sover ek weet) hulle ge­sag op almal af.

Kan ons nie maar mekaar die vryheid gun nie?


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top