Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit ondergrawe die Bybel

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

James Maré skryf:

Dr Kobus Myburgh se artikel, “Kom reis saam met Romeine 1“, het betrekking.

Basiese eksegese is daarop geskoei dat ons uit die Bybel moet haal, dit wat daar geskrywe staan en ontdek wat die bedoeling was en die boodskap wat dit in vandag se tyd vir ons gee.

Sy benadering is egter een van “eisegese” waar hy “geskiedkundige” gebeure van die tyd inlees in die Skrif in ten einde by ’n gunstige ondersteuning van die pro-gay liberaliste uit te kom.

Die hele “narratiewe” wyse van Skrifverklaring is ’n poging om die kernwaarhede en -bedoelings van die Skrif te ondergrawe en te vervang met humanistiese beginsels waar die mens die bepaler van sy eie leefwyse en lewensbeskouing is en waar God se rol hoogstens tot waarnemerstatus gereduseer word.

Miskien het dit tyd geword dat Christene wat waarlik die Bybel as die onfeilbare Woord van God beskou, ’n drukgroep begin vorm om die moderne NG Kerk se sosiale gespreksgroepidentiteit teë te staan. Ten doel om die NG Kerk soos wat in groot mate steeds in die Kerk­orde en in die Belydenisskrifte weergegee word, terug te eis sodat ons weer na predikante kan luister wat waarlik die Waarheid van die kansels af sal verkondig en waarin ons as lidmate weer kan tuis voel wanneer daar gesê word: “So spreek die Here!”.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top