Dit is nie net die kerk wat oor homoseksualiteit praat nie. Uit die verskillende wetenskappe kom daar baie navorsing en insigte. Die vraag is wat die kerk hiermee moet maak. Hierby is twee perspektiewe op die saak.
Lees ook dr Nadia Marais se perspektief: Dit is tyd vir omarming
Tot 50 jaar gelede is die oorsprong van selfdegeslag- seksuele oriëntasie (SGO) hoofsaaklik geesteswetenskaplik ondersoek. Later verskuif die ondersoek sterk na die natuurwetenskappe. Die vraag is of die antwoord op een of albei gebiede lê?
Natuurwetenskappe
Dr Dean Hamer het in 1993 opspraak verwek daarmee dat hy moontlik ’n gay-geen sou ontdek het. Hamer ontken dit, en sê: “Homosexuality is not purely genetic … environment plays a role”.
Sanders et al (2014) het by ’n gedeelte van die X-chromosoom Xq28 en by chromosoom 8, merkers gekry wat in hoër getalle voorkom by persone met SGO. Sanders sê daarna: “Genetic contributions are far from determinant but instead represent a part of the trait’s multifactorial causation, both genetic and environmental.”
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2016/07/Marcel-Vosloo-swart.jpg” caption=”Ds Marcel Vosloo is predikant van die NG gemeente Die Strand.” align=”right” width=”270px” force_circle=”off”]
Dr Francis S Collins skryf in The language of God: “Evidence from twin studies does in fact support the conclusion that heritable factors play a role in male homosexuality. However, the likelihood that the identical twin of a homosexual male will also be gay is about 20 percent (compared with 2-4 percent of males in the general population), indicating that sexual orientation is genetically influenced but not hardwired by DNA, and that what ever genes are involved, represent predisposition, not predetermination.”
Die hoogste voorkoms van SGO onder monosigotiese/MZ (uit een eisel) tweelinge kom uit in ’n Sweedse studie: 34-39% by beide manlike lede en 18-19% van die vroulike tweelinge. Långstrom et al erken dat omgewingsfaktore ’n belangrike rol speel.
Dat SGO hoër is by MZ-tweelinge as by DZ/disigotiese tweelinge, word deur navorsers grootliks toegeskryf aan opvoeding. Joseph (2000) het aangetoon dat MZ-tweelinge meer as ’n eenheid grootgemaak is (72 vs 19%).
Peter S Bearman en Hannah Brückner (2001) se navorsing is insiggewend. “Among male opposite-sex twins, the proportion reporting a same-sex romantic attraction is twice as high among those without older brothers (18,7%) than among those with older brothers (8,8%). If differences between opposite-sex twins and others were based on prenatal hormonal transfers, older brothers should not decrease the likelihood of reporting same-sex attraction.” Hulle slotsom is dat hul resultate die hipotese ondersteun dat “less gendered socialization in early childhood and preadolescence shapes subsequent same-sex romantic preferences”.
In die soeke na ’n natuurwetenskaplike verklaring, kry epigenetika al meer aandag. Epigene is merkers wat op mens se gene aangetref word en die uitdrukking daarvan beïnvloed.
Onlangse studies by die Universiteit van Cambridge het getoon dat ’n fetus tussen weke 2 en 9 ongeveer 1 tot 2% van sy/haar voorsate se epigenetiese merkers erf. Rice et al (2012) se hipotese is dat epi-merkers ’n invloed op die seksuele oriëntasie van die fetus het.
Tydens die swangerskap word verdere merkers toegevoeg as gevolg van die moeder se fisiologiese en sosiale omstandighede.
Epigenetiese merkers word ook toegevoeg tot iemand se gene na geboorte – via omgewingsfaktore soos onsedelike aanranding op kinders, chemiese blootstelling, dieet, oefening en stres.
Dr Tuck Ngun van die Universiteit van Kalifornië, was die leier van ’n span wat navorsing gedoen het op 37 identiese tweelinge waarvan een homoseksueel was. Hulle kon met behulp van epigenetiese merkers ’n persoon se geslagsoriëntasie 70% akkuraat aantoon. Die studie is skynbaar nie baie gewild nie, omrede epigenetiese merkers ook na geboorte as gevolg van die omgewing bykom.
Geesteswetenskappe
Die navorsing van O’Keefe et al (2014) en Beard et al (2013) is rigtinggewend. Bloedskande tussen tweelinge, seksuele misbruik deur ouer broers, en seksuele misbruik van kinders deur volwassenes word aangetoon as aanleidende oorsake van geslagsoriëntasie.
Marie E Tomeo et al (2001) se navorsing onder volwasse SG-georiënteerde persone het getoon dat 46% homoseksuele mans teenoor 7% heteroseksuele mans, en 22% lesbiese vrouens teenoor 1% heteroseksuele vrouens as kinders homoseksueel gemolesteer is.
Gerard van den Aardweg (1985) se navorsing toon dat 71% van mans in SGV(-verhoudinge) probleme met hul vaders gehad het. Miller et al (1980) het getoon dat 38% lesbiese vroue teenoor 3% heteroseksuele vroue nie respek vir hul vaders het nie.
M Frisch en A Hviid (2006) het in ’n studie onder tweemiljoen Dene gevind dat SGO baie meer voorkom by mans wie se ouers geskei het en waar die vader afwesig was. By vroue het die dood van hul moeders in die adolessente jare baie hoër SGO tot gevolg gehad.
For-Wey Lung en Bih-Ching Shu (2007) se navorsing in Taiwan het bevind dat die oorbeskerming deur ouers die grootste rol speel in die ontwikkeling van SGO by mans.
Paul Cameron (2006) het bevind dat 30% kinders wat in SGV-huise grootword, self homoseksueel is. Hy bevind: “… parents’ sexual inclinations influence their children’s.”
Daar is navorsingsbewyse dat daar vloeibaarheid is in mense se geslagsoriëntasie. Lisa M Diamond (2003) het oor vyf jaar gereeld onderhoude met lesbiese vroue gevoer. Meer as 25% van hulle het in hierdie tyd hul geslagsoriëntasie verander.
Gevolgtrekking
Die Amerikaanse Kollege van Pediaters verklaar: “Homosexual attraction is determined by a combination of familial, environmental, social and biological influences. Inheritance of predisposing personality traits may play a role for some … Contrary to the ‘born that way’ myth, the scientific evidence links homosexuality to social and parental influences …”
Christene, as volgelinge van Hom wat die Waarheid is, kan op grond van die wetenskap sê dat ons seksuele oriëntasie gevorm word deur “die natuur en jou omgewing”. Op grond hiervan het Christenouers ook die verantwoordelikheid om hul vader- en moederrol na behore te vervul, hul kinders te begelei in die ontwikkeling van hul geslagsidentiteit – en hul kinders op seksuele gebied paraat te maak.
Kerkbode nooi sy lesers om deel te neem aan die debat deur briewe van hoogstens 300 woorde te skryf aan kerkbode@tydskrifte.co.za. Hou die briewe asseblief saaklik, sodat die debat bo die vlak van persoonlike aanvalle kan bly.