Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die helende Jesus

Een van die groot kenmerke van Jesus se aardse bedie­ning, was sy genesings. Oral het siekes na Hom toe ge­stroom om genees te word.

As mense wat ’n groot klap van die modernisme weg het, wat leef in ’n wêreld waar alles wetenskaplik ver­klaar word, wonder gelowiges soms hoe om die wonder­werke van Jesus te verstaan. Dan gebeur dit so maklik dat ’n mens net dink oor die wonderwerk, dat die helen­de effek van Jesus se bediening by ons verbygaan.

Tog was dit ’n belangrike aspek van Jesus se lewe op aarde. Nie net het Hy mense se liggame genees van aller­lei siektes en gebreke nie, Hy het ook ’n verdere gene­sende effek op hulle lewe gehad. Dink maar aan die me­laatses wie se sosiale verhoudings herstel kon word, wat weer deel van die gemeenskap kon word.

Of dink aan Saggeus, die groot bedrieër, wie se kontak met Jesus gelei het tot berou, tot restitusie en tot die herstel van verhoudings met diegene wat hy vroeër uitgebuit het. In sy kring het daar genesing gekom.

Vir mense wat Jesus wil volg, is dit ’n belangrike bood­skap. Dit beteken dat ons ook op ’n genesende ma­nier moet leef.

Dit geld die hele lewe: die manier waarop ons die aarde hanteer; die manier waarop die kerk betrokke is by kwessies soos MIV en vigs, of fetale alkoholsin­droom; die kerk se betrokkenheid by armoede en al die maatskaplike ellende wat daaruit voortspruit.

Dit geld die manier waarop individuele gelowiges op sosiale media teenwoordig is, hoe ons as mense van verskillende kulture en rasse met mekaar saamleef, maar ook oor mekaar praat. Ons moet dit doen op maniere wat die samelewing help om genesing te vind.

Dit geld ook die manier waarop ons met en oor gay mense praat. As ’n kerk op ’n manier praat wat ’n medegelowige leeg en dor en godverlate laat voel (So sê julle sê Hy), moet die kerk weer dink oor sy woorde.

Want ons moenie verwond nie. Soos die Jesus vir Wie ons volg, moet ons mense help om heel te word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top