Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

God is anders

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Petrus Moolman van Pretoria skryf:

Ds Cassie Carstens se dood en die herinnering aan die destydse gebeure by die Algemene Sinode waar hy die posisie van hom en sy gay seun se verhouding bekendgemaak het, het my opnuut weer in die hart gegryp – net soos daardie tyd.  Ek wil tegelyk ook by Albert Alberts in die e-Kerkbode se brief aanhaak oor die gay-debat.

Die onverkwiklikheid van die verskille in die gay-debat het my net weer opnuut God se anderse liefde oor andersheid wat ons as mense gewoon nie verstaan nie, laat besef. Daar word honderde-duisende mensies gebore wat op talle maniere ‘anders’ is as wat ons gewoonlik as ‘normaal’ aanvaar. Maak God so baie foute, of is God se verstaan van en sy liefde vir mense wat buite ons denkraamwerk van ‘normaal’ is, dalk net anders as ons s’n?

Ek kan my in die gees wat tans aan albei kante van die debat heers nie voorstel dat ons mekaar ooit gaan oortuig nie. Wil die twee kante nie maar as kompromie besluit dat ons gewoon nie verstaan nie, dat God wel verstaan en dat sy liefde ‘anders’ werk en is as ons liefde nie?


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.zastuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top