Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kan ons die Bybel uitdaag?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Hans van Vuuren (emeritus) van Heilbron-Suid skryf:

Ek reageer op die skrywe van prof Julie Claassens van Stellenbosch in Kerkbode van 2 September 2016 onder die opskrif: “Om die Shootertexts te ontwapen.”

As ons die Bybel aanvaar soos wat God dit duidelik vir ons aanbied, as deur Hom gegee; betroubaar, ewig, waar en onfeilbaar, kan ons geen teks in die Bybel uitdaag of probeer ontwapen soos sy wil doen nie.

Al wat ons kan doen is om hulle in biddende afhanklikheid van die Heilige Gees te bestudeer in hulle historiese, kulturele, openbaringshistoriese en literêre konteks asook in die lig van die totale Skrifgetuienis. Wanneer ons die betrokke Skrifgedeeltes so bestudeer, sien ons die ewige kernboodskap daarvan wat ook vandag met ons praat.

Prof Claassens noem as voorbeelde van “ontstellende en netelige tekste”, soos sy dit noem, die tekste oor die onderdanigheid van die vrou asook die tekste oor die uitsluiting van ’n Moabiet en ’n ontmande uit die vergadering van die Here. As ons hierdie tekste bestudeer soos ek hierbo genoem het, kry ons ook daaruit ’n verrassende, opwindende boodskap vir vandag.

As ons haar “shooter texts” teen homoseksualiteit ook op hierdie manier bestudeer, is dit duidelik dat alle homoseksuele praktyke vir die Here ’n gruwel is.

As ons die Bybel wil hanteer soos wat sy in die bo­ge­noemde artikel doen, het dit vir ons geen betekenis meer nie en is ons besig om die kerk van die Here te ondermyn soos wat dit in Europese lande met dieselfde Skrifhantering ondermyn en byna vernietig is.

Ek bid dat die Here ons van hierdie manier van Bybellees sal bewaar.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top