Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

God is liefde

God is liefde. So lees ons in die Bybel.

Dit is omdat God sy skepping liefhet, dat Hy sy Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Dit is hierdie Jesus, die Woord wat vlees geword het, wat die wet saamgevat het in terme van die liefde: liefde tot God en liefde tot die naaste, twee gebooie wat aan mekaar gelyk staan.

Dit is dieselfde Jesus wat vir sy volgelinge gesê het: Ek gee julle ’n nuwe gebod. Julle moet mekaar liefhê.

Hierdie Jesus het ook vir sy volgelinge gesê dat dít die manier is waarop mense sal weet wie sy volgelinge is – dit is diegene wat mekaar liefhet.

In die Bybel lees ons dat die liefde vir God daaruit bestaan dat ons sy gebooie gehoorsaam. Maar dan nie ’n wettiese soort gehoorsaamheid nie. Dit is gehoorsaamheid aan die gebod dat ons mekaar moet liefhê.

Ons lees ook dat die liefde die volle uitvoering van die wet is. “Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.”

Al wat van belang is, so staan dit daar, is die geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.

Waar dit gaan oor die genadegawes, lees ons: “Die grootste hiervan is die liefde!”

Kyk ’n mens hoe Jesus geleef het, dan is die liefde waarvan hier sprake is, ’n dienende liefde. Dit is ’n helen­de liefde. Dit is ’n versorgende liefde.

Die vroeë kerk het hierdie liefde op ’n radikale ma­nier uitgeleef, het die missionale konferensie op Stellenbosch gesê.

In geloofsgemeenskappe soos dié van Kameeldrif word dit vandag nog gedoen in antwoord op misdaad en spanning (lees hier).

Die liefde is die sleutel tot die Christelike lewe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top